Russiese troepe kom in Belarus aan vir militêre oefeningeJanuary 18, 2022

Russiese troepe het vandag in Belarus aangekom vir vinnige militêre oefeninge. Meer as ‘n week se onderhandelinge tussen Rusland en die Weste, het nie die kommer oor die opbou van tienduisende Russiese troepe op die Oekraïense grens laat wyk nie. Bydraend tot die spanning het Belarus, Rusland en die Oekraïne se buurland, ‘n reeks militêre oefeninge van stapel gestuur. ‘n Video, wat deur Belarus se ministerie van verdediging vrygestel is, wys hoe kolomme militêre voertuie, insluitend tenkvoertuie, van treine wat met sneeu bedek is, afgelaai word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *