Oostelike ingang van Post Street Mall gesluit tot 8 Feb.December 17, 2021
Stad Windhoek sê die oostelike ingang van die Post Street Mall in die hoofstad tot 8 Februarie gesluit sal wees. Volgens die munisipaliteit is die opknappingswerk vertraag as gevolg van verskeie faktore wat eers na die Desember-vakansie aangespreek kan word. Werk aan die perseel sal weer op 13 Januarie volgende jaar hervat. Die stad vra om verskoning vir enige ongerief.