N$18m se dagvaardiging vir Walvis se dorpsraadDecember 17, 2021

Die voormalige hoof uitvoerende beampte van die Walvisbaai munisipaliteit Muronga Haingura dagvaar die dorpsraad vir net minder as 18 miljoen Namibiese dollar vir verlies aan inkomste en laster omdat hy meen sy karakter is in twyfel getrek toe hy deur die raad geskors is. Haingura is in Desember 2020 geskors vir ‘n periode van agt maande sodat ‘n forensiese ondersoek deur PriceWaterhouse Coopers gedoen kan word. Die ondersoek hou verband met die diens van erwe in stedelike gebiede. Die verslag is nooit bekend gemaak nie en Haingura se prokureur Richard Metcalfe sê dit het in die media gegons terwyl die feite nie op die tafel gelê is nie. Haingura is volgens berigte nie geïmpliseer in die vermiste geld nie. Hy sê sy kliënt is onder andere daarvan beskuldig dat hy 24 miljoen Namibiese dollar gesteel het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *