Namibiese Privaatskole-vereniging: Graad 11’s wil eksamens nou voltooi

Die Namibiese Privaatskole-vereniging het ‘n brief aan die onderwysministerie gerig oor die uitlek van vraestelle wat gelei het daartoe dat sekere vraestelle van gewone vlak eksamens van graad 11’s en 12’s volgende jaar herskryf moet word. In die brief van die voorsitter, Colette Rieckert, is verskeie voorstelle aan die onderwysministerie gemaak. Die vereniging meen dit is ontmoedigend vir die leerders om eksamens te herskryf. Rieckert verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom graad 11’s met hul eksamens moet voortgaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *