Sanitasie is ‘n uitdaging in Namibië, sê ministerNovember 19, 2021

Vandag is Wêreldtoiletdag, met die tema Valuing Toilets. Die dag beklemtoon die belangrikheid van sanitasie en higiëne in die verbetering van openbare gesondheid, geslagsgelykheid, ekonomiese ontwikkeling, en omgewingsbewaring. Namibië het van die laagste vlakke van toegang tot sanitasie in Suider-Afrika. Slegs 34 persent van die bevolking het toegang tot verbeterde sanitasie. In stedelike gebiede word die veld as toilet vir 14 persent van inwoners gebruik en in landelike gebiede is dit so hoog soos 77 persent. Erastus Uutoni, die Namibiese minister van landelike en stedelike ontwikkeling, sê sanitasie is ‘n uitdaging in die land.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *