Eerste minister van Irak oorleef sluipmoordaanval
Die eerste minister van Irak, Mustafa al-Kadhimi, het ‘n sluipmoordaanval oorleef nadat ten minste een bewapende hommeltuig gister sy huis in die sterk verskanste Groen Sone van Baghdad getref het. Hy is ongedeerd, maar twee Irakese amptenare het aan Associated Press gesê sewe veilgheidswagte is beseer. Buitelandse ambassades is in die Groen Sone en regeringsamptenare woon daar. Niemand het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie, maar pro-Iranese Sjiïtiese burgermagondersteuners kamp al byna ‘n maand lank net buite die Groen Sone.