Bekwames moet in SA aangestel
Business Leadership South Africa sê swakhede regoor die staat het sakekostes vergroot en beleggersvertroue dat die regering sy beloftes gestand kan doen, ernstig geskaad. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê om die staat te transformeer tot een wat sy visie vir ‘n welvarende Suid-Afrika vir almal sal uitvoer, beteken bekwame mense moet in sleutelposisies aangestel word. Mavuso sê kaderontplooiing het sinoniem geword met die ergste graad van politieke baantjies-vir-boeties en volslae korrupsie.