Staatsbeheerde entiteite moet geloofwaardig wees meen Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die buurland het gesonde staatsondernemings nodig wat die dryfveer vir ekonomiese groei en transformasie is. Hy sê daar bestaan reeds jare ‘n persepsie by Suid-Afrikaners wat staatsondernemings met staatskaping, finansiële wanbestuur en ondoeltreffendheid verbind. Ramaphosa sê dit is waarom die regering hervorming in plek gestel het om staatsondernemings te versterk. Hy voeg by dié hervorming sal verseker dat terwyl strategiese infrastruktuur in plek bly, staatsondernemings meer doeltreffend sal word en die industrieë wat hulle ondersteun, sal gevolglik meer mededingend wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *