SANParke-hoof in hof vir seksuele aanrandingMay 11, 2021

Die uitvoerende hoof van SANParke, Fundisele Mketeni, is op spesiale verlof geplaas ná sy hofverskyning weens bewerings van seksuele aanranding. Mketeni, twee ander manlike werknemers van SANParke, sowel as ‘n vrou wat nie ‘n werknemer is nie, het vandag in die hof verskyn nadat die aanklagte Vrydag in Skukuza in die Kruger-wildtuin ingedien is. SANParke se raadsvoorsitter, Joanne Yawitch, het gesê Mketeni het die spesiale verlof versoek totdat die saak volgens wet opgelos is. Sy sê die aanklagte word in ‘n ernstige lig beskou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *