Ondersoek geloods na noodlottige helikopter ongeluk in ZimbabweApril 24, 2021
Die veiligheidsowerhede in Zimbabwe is besig met ‘n ondersoek op die toneel van gister se helikopter ongeluk waarin drie bemanningslede en ‘n kind dood is. Die helikopter van die buurland se lugmag het tydens ‘n opleidingsvlug op ‘n huis in Arcturus, sowat 30 kilometer oos van Harare neergestort.Die oorsaak van die ongeluk is volgens berigte nog onduidelik.