Mielieprodusente sal volgende week laaste saad in die grond in sit

Mielieprodusente moes vir ‘n geruime tyd vir goeie reënval wag voor hulle kon begin plant. Alhoewel hulle effens laat reën ontvang het, is die meeste saad reeds in die grond. Gernot Eggert, een van Namibië se voorste produsente, sê die laaste mielies sal volgende week geplant word, ver verby die bekende afsnypunt van die Kaisersgeburtstag op 25 Januarie.