2% van Covid-sterftes was ingeënt

Daar word berig dat ses persone wat teen Covid ingeënt is aan die virus dood is tydens die derde vlaag infeksies wat die land tans ervaar. Al die pasiënte het onderliggende toestande gehad en was tussen 50 en 78 jaar oud. Tussen 27 Mei en Saterdag 19 Junie, het 332 persone aan Covid gesterf. In 38 persent van die gevalle kon die gesondheidsministerie nie bevestig op die persone ingeënt is of nie en in 60 persent van die gevalle was die oorledenes nie ingeënt nie. Sou al die sterfgevalle sedert die uitbreking van die pandemie in ag geneem word is 0,5 persent van die oorledenes ingeënt. In die VSA toon die jongste syfers dat 0,0017 persent van persone wat ingeënt is, dood is aan Covid.