Blitsbokke bereik oefen-doelwitte

Die Blitsbokke se afrigter, Neil Powell, het opgetoë na Kaapstad teruggekeer nadat hy ‘n paar waardevolle doelwitte bereik het. Die Springbok-sewes het hulle Olimpiese oefenkamp van twee weke in Gauteng voltooi. Die span het teen die SA All Stars Sevens Academy en die Universiteit van Johannesburg se sewesspan wedstryde gespeel. Powell sê die span se kultuur, wedstrydpeil en selfvertroue het tydens die kamp ‘n hupstoot gekry: