Tjiriange sterf op 77

Die Swapo-veteraan Ngarikutuke Tjiriange het gesterf. Hy was 77. Tjiriange het as sekretaris-generaal van die Swapo-party gedien en was ook die minister van justisie, ‘n minister sonder portefeulje en toe as minister van veteraan-aangeleenthede. Hy het in 2010 uit die politiek getree. Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie.