15 olifante op hulle eie tog

‘n Trop olifante, op ‘n onverwagte tog van 500 kilometer, het in ‘n Chinese stad aangekom waar miljoene mense woon. Volgens berigte het die 15 olifante langs die pad landerye gestroop en hulle slurpe by deure ingesteek op hulle tog van die suide van die Yunnan-provinsie tot by die hoofstad Kunming. Tonne voer word nou ingesamel om die olifante veilig en gesond te hou. Dit is nie duidelik hoekom hulle hul habitat verlaat en op die tog vertrek het nie. Dit het inwoners en kenners gefassineer.