Mkhize se regslui raai hom af om te getuig

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid Zweli Mkhize is deur regslui aangeraai om nie voor die buurland se parlementêre portefeulje komitee oor gesondheid te verskyn nie. Mkhize sou vrae in verband met die 500 miljoen Namibiese dollar kontrak wat na bewering onwettig deur sy ministerie aan Digital Vibes toegeken is, moes beantwoord. Die direkteur-generaal van die betrokke departement Sandile Buthelezi, wat ook geïmpliseer is, het names Mkhize die komitee toegespreek.