LPO sê oor Meatco

Die bestuur van die Lewendehawe Produsente-organisasie het sy kommer uitgespreek oor die voordurende uitdagings by Meatco. Hoëvlak bedankings het onlangs plaasgevind, vier weke nadat alle werknemers wat 55 en ouer is, pakkette aangebied is. Die LPO sê die afleggings het die abattoir duur te staan gekom in vaardighede en ondervinding. Die organisasie het weer beklemtoon dat beesboerdery van kritiese belang vir landbouproduksie in Namibië is en dra 45 persent by tot die sektor. Werkskepping, veral in die waardeketting kan ook nie onderskat word nie. Volgens die LPO sal ‘n onstabiele beesbedryf ‘n wesenlike impak op veral landelike gemeenskappe hê en vertroue in die bestuur van die sektor moet herstel word.