Parlement en tuine gesluit … LPM hou optog vandag

Die Tintinpalast is afgebaken en gesluit vir lede van die publiek. Die tuine is ook met versperrings gesluit. Die Grondlose Mense Beweging hou ‘n optog ter ondersteuning van die twee party-leiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb. Die twee se lot word op die oomblik deur die Nasionale Vergadering se staande komitee oor interne reëls bespreek na die chaos tydens President Hage Geingob se Staatsrede en die klag van hoogverraad wat teen hulle gelê is deur Geingob se lyfwag. Volgens Joyce Muzengua sal hulle vanmiddag owerhede ‘n rede gee om hulle in hegtenis te neem. Sy het vroeër met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.