130 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 130 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 97, Otjiwarongoi 11, Usakos 6, Walvisbaai 5 en die res is landwyd versprei. Daar is 530 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 129 638. Die totale sterftesyfer is tans 3 573.