Groot afwagting vir president Geingob se inligtingsessie

President Hage Geingob sal die land môre-oggend 10h00 op hoogte bring met die Covid-19-vooruitsigte tans en in die nabye toekoms. Dit sal die 37ste Covid-19 openbare inligtingsessie wees sedert die begin van die pandemie. “Om Covid-19 te verslaan, sal respek vir gesondheidsprotokolle vereis. Kudde-immuniteit deur inenting is die oplossing teen siekte en dood. Ons eenheid is ons krag,” het dr. Geingob getwiet.