Gesondheidsowerhede in Suid-Afrika bekommerd oor toename in Covid-19-gevalle

Gesondheidsowerhede in Suid-Afrika sê hulle is bekommerd oor die toename in COVID-19-gevalle onder kinders. Dit kom nadat al hoe meer kinders onder die ouderdom van vyf in die hospitaal opgeneem is. Volgens gesondheidsowerhede is kinders onder die ouderdom van vyf die tweede grootste groep wat in hospitale opgeneem is vir die virus. Die meeste van die opnames is mense van 60 jaar en ouer.