100 Namibiese meisies kan opleidingskamp bywoon

Die Namibiese ministerie van inligting en die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika bied die Connected African Girls Coding Camp van 16 tot 22 Augustus in Windhoek aan. Die geleentheid bring 100 meisies van regoor Namibië byeen, asook 200 virtuele deelnemers van die vasteland om meisies te bemagtig en ‘n bevorderlike eko-sisteem te skep. Hierdie kamp teiken jong vroue en meisies tussen die ouderdomme van 15 en 23 jaar. Efraim Paulus van die inligtingsministerie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.