Namibië top-land in Afrika wat mensehandel beveg

Namibië het “vlak 1”-status behaal vir sy optrede gedurende 2021 in die stryd teen mensehandel, volgens ‘n verslag van die Amerikaanse staatsdepartement. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Trafficking in Person se verslag Namibië in die top-vlak geplaas het, en Namibië bly die enigste “vlak 1” Afrika-land. Besoekende Amerikaanse ondersekretaris, Uzra Zeya, het Namibië se top-posisie in die verslag saam met die adjunkminister van internasionale betrekkinge, Jenelly Matundu, vandag aangekondig.