Numsa: MTN se planne om Telkom te koop gaan lei tot werksverliese

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, is oortuig MTN se planne om Telkom te koop gaan lei tot werksverliese. Die twee ondernemings het vroeër die maand aangekondig hulle is in die vroeeë stadium van gesprekke oor die moontlikheid van ‘n transaksie ingevolge waarvan MTN Telkom sal bekom. Numsa is bekommerd oor die uitwerking van so ‘n transaksie op werkers. Die vakbond vrees die stap sal die ekonomie verder skade doen.