100 dae oor voor die Winterspele

Vandag oor 100 dae begin die Winterspele in Beijing en die organiseerders sê die grootste uitdaging is om die geleentheid teen Covid-19 te beskerm. Die reëlingskomitee se uitvoerende visepresident, Zhang Jiandong, sê egter China se streng reëls kan die gevaar verminder en die virus se invloed beperk. Hy voeg by mense in die Spele se streng borrel wat nie maatreëls teen die pandemie gehoorsaam nie, sal die gevolge moet dra. Die Spele word van 4 tot 20 Februarie gehou en atlete moet 21 dae voor die tyd ten volle ingeënt wees of onder kwarantyn bly.