Vloede in KZN: Ongeveer 80 steeds vermis

KwaZulu-Natal se premier, Nomusa Dube-Ncube, sê sowat 80 mense word steeds vermis ná die verwoestende oorstromings in April. Die oorstromings het 456 mense se lewens geëis en 8 584 huise is heeltemal verwoes. Die eThekwini-metro het die ergste deurgeloop. Dube-Ncube sê die polisie gaan voort met ondersoeke en gebruik die databasis van vermiste persone: