Zweli verwelkom ondersteuning van ANC-takke

Die voormalige minister van Gesondheid in die buurland, Zweli Mkhize, sê die vertroue wat die ANC-takke in hom stel, laat hom nederig voel. Hy ding mee vir die top-posisie in die party in die aanloop tot die 55ste verkiesingskonferensie in Desember. Mkhize het in ‘n Twitter-boodskap gesê hy is beskikbaar om die beweging te dien waaraan hy sy lewe gewy het sedert hy 1978 in die ondergrondse politieke en militêre strukture opgeneem is: