Zverev mik vir Grand Slam-titel

Die wêreld nommer drie, Alexander Zverev, mik daarna om volgende jaar ‘n Grand Slam-titel in te palm. Die 24-jarige Duitser het die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit toe hy die ATP-eindtoernooi die tweede keer gewen het. Hy het Daniil Medvedev van Rusland in die eindstryd in Turyn, Italië, in skoon stelle geklop. Novak Djokovic van Serwië is steeds boaan die wêreldranglys – byna drie-duisend punte voor Medvedev en vier-duisend voor Zverev. Die Duitser glo egter die topposisie is volgende jaar binne sy bereik.