90 dae, amper 10 000 verkragtings in SA

President Cyril Ramaphosa sê die buurland is vasgevang in die greep van ‘n meedoënlose oorlog teen die liggame van vroue en kinders. Daar is binne slegs drie maande, tussen Julie en September vanjaar, 9 556 mense verkrag, van wie die meeste vroue is. Dit is 7 persent meer as in die vorige verslagtydperk. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief, geslagsgeweld is ‘n probleem van manlike geweld. Hy voeg by indien ‘n nasie se karakter beoordeel kan word deur hoe vroue en kinders behandel is, skiet ons ver te kort.