Zuma wil sy broer se begrafnis bywoon

Suid-Afrikaanse korrektiewe dienste oorweeg oudpresident Jacob Zuma se aansoek vir menslikheidsverlof om sy broer se begrafnis by te woon. Michael Zuma is vroeër die maand dood en sy begrafnis vind môre plaas. Zuma dien tans in die Estcourt-tronk in KwaZulu-Natal 15 maande tronkstraf uit weens minagting van die hof. Die departement sê die aansoek sal oorweeg word in ooreenstemming met die Wet op Korrektiewe Dienste.