Zuma voel nie lekker, saak moet uitgestel word

‘n Woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, Mzwanele Manyi, sê oudpresident Jacob Zuma voel nie gesond nie en sal nie vandag by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, wees nie. Die wapentransaksie-korrupsieverhoor waarby Zuma en die Franse vervaardiger Thales betrokke is, sou na verwagting vandag begin het. Zuma word daarvan beskuldig dat hy tussen 1995 en 2004 omkoopgeld van Thales ontvang het. Manyi sê dokters het Zuma aangeraai om nie hof toe te gaan nie.