Zuma soek net geregtigheid

Die Jacob Zuma-stigting sê die voormalige president wil dit duidelik maak dat sy stryd vir geregtigheid was en dis al wat hy wil hê. Zuma het sy regspan gister in die Estcourt Korrektiewe Sentrum in KwaZulu-Natal ontmoet, waar hy 15 maande gevangenisstraf uitdien. Die stigting sê die span het al die regsaspekte tydens ‘n marathon-sessie bespreek. Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou op Zuma se aansoek om sy vonnis te herroep. Die stigting sê die gewese president wil nie simpatie of gunste hê nie, net geregtigheid.