Kontrakteur beskuldig van N$1,8m se diefstal van Chinese sakevrou

‘n Kontrakteur, Marthinus du Toit, het in die hof op Rundu verskyn op klagte dat hy 1,8 miljoen Namibiese dollar se bouvoorraad by die omstrede Chinese sakevrou Stina Wu gesteel het. Volgens die klagstaat het Du Toit na bewering vragte sement, stene, bouklippe, draad en meer by Wu se Divundu-aanleg gesteel. Die staat sê hy het die goedere in verskeie nedersettings in en om Divundu verkoop. Daar word ook beweer dat hy Wu se toerusting gebruik het vir sy eie projekte, onder andere, ‘n pad wat hy vir ‘n lodge gebou het. Landdros Sonja Samupofu het die saak tot 7 Oktober uitgestel. Du Toit is vry op borg van 20 000 dollar.