Zuma se regspan sê hy kan nie tronk toe sonder verhoor

Oudpresident Jacob Zuma se regspan sê hy behoort nie sonder verhoor tronk toe te gaan nie. Die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, hoor tans Zuma se appèl aan vir die opskorting van die lasbrief vir inhegtenisneming teen hom. Hy vra die hof om die Konstitusionele Hof se bevel dat hy môre moet tronk toe gaan, te verhoed. Advokaat Dali Mpofu bevraagteken die manier waarop die vonnis gevel is en beskryf die beslissing as ‘n ongehoorde uitoefening van regterlike gesag.