Zuma se korrupsieverhoor wéér uitgestel

Oudpresident Jacob Zuma se korrupsieverhoor is weer uitgestel. Hy het vanoggend vlugtig in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verskyn. Zuma en die Franse maatskappy Thales word van bedrog en geldwassery aangekla wat verband hou met die wapentransaksie van miljarde Namibiese doller. Regter Pieter Koen sê die saak sal na verwagting volgende Woensdag hervat word, wanneer daar formeel gepleit sal word.