Lang werksure veroorsaak beroertes, hartaanvalle

‘n Studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Internasionale Arbeidsorganisasie het bevind dat 745 000 mense in 2016 dood is aan beroertes en hartaanvalle wat deur lang werksure veroorsaak is. Die WGO sê hierdie neiging het moontlik tydens die Covid-19-pandemie vererger. Volgens navorsing hou ‘n werksweek van 55 uur of meer verband met ‘n 35 persent groter risiko vir beroertes en 17 persent groter risiko om aan ‘n hartaanval te sterf.