Zuma sê hoofaanklaer is samesweerder

Suid-Afrikaanse Oudpresident Jacob Zuma het die Nasionale Vervolgingsgesag gekritiseer te midde van sy korrupsieverhoor wat in die Pietermaritzburgse hooggeregshof tot Julie uitgestel is. Hy beskuldig die NVG se hoofaanklaer, Billy Downer, dat hy deel is van ‘n sameswering teen hom. Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales het onskuldig gepleit op aanklagte van korrupsie, bedrog, afpersing en geldwassery. Sy seun Duduzane het ondersteuners vandag by die hof toegespreek en ‘n beroep op die jeug gedoen om te lei.