Zuma se boek bekendgestel

Die boek “The Words of a President: Jacob Zuma Speaks” is Vrydag bekendgestel en sal die week te koop wees. Zuma het van 2009 – 2018 as president van Suid-Afrika gedien totdat hy deur die regerende party aangesê is om te bedank. Die besluit het gekom ná verskeie korrupsiebewerings, wat uiteindelik uitgeloop het op die staatskapingskommissie van ondersoek. Die boek sal volgens die Zuma-Stigtingwoordvoerder, Mzwanele Manyi die waarheid oor Zuma se presidensiële termyn openbaar.. Hy voeg by: “Baie is al oor Zuma gesê, baie valshede, baie onwaarhede is vertel. Die oudpresident sê dit was nodig vir die samelewing om die waarheid te weet.“ Hierdie boek gaan volgens hom daaroor om die rekord reg te stel.