Inentingsbedrog in Nieu-Seeland

‘n Man in Nieu-Seeland wat beskuldig word dat hy inentingsbedrog gepleeg het, word deur die land se Departement van Gesondheid ondersoek. Hy het glo tot tien Covid-19-inentings per dag namens ander mense as deel van die bedrogspul ontvang. Die New Zealand Herald berig die man word beskuldig dat hy deur mense aangestel en betaal is wat hulle inentingsrekords wou vervals, sodat hulle die vryheid van ingeënte mense kan hê.