Zuma se besluit om nie ANC te stem nie, verwelkom

Die Activists and Citizens Forum het die voormalige president Jacob Zuma se besluit verwelkom om nie in volgende jaar se verkiesing vir die ANC te stem nie. Hy het die naweek aangekondig dat hy nie vir die regerende party gaan stem of stemme werf nie. Hy sê hy gaan vir ‘n nuwe party, uMkhonto we Sizwe stem. Die woordvoerder van die Activists and Citizens Forum, Dennis Bloem, sê almal kan sien die ANC behandel Zuma en sy faksie soos stiefkinders: