Oosthuizen vat tweede wenin DP World Tour

Louis Oosthuizen het sy tweede agtereenvolgende oorwinning in die DP World Tour behaal met ʼn sege van twee houe by die Mauritius Ope. Hy het na ʼn trae begin by die nuwe La Reserve-gholfklub, wat hy help ontwerp het, uiteindelik die laaste ronde met 69, 17 onder baansyfer, voltooi. Hy het twee houe voor die naaswenner, Laurie Canter van Engeland, klaargemaak. Die Suid-Afrikaner het verlede week ook die Alfred Dunhill-kampioenskap by Leopard Creek ingepalm, in sy eerste toernooi-oorwinning in vyf jaar. Oosthuizen sê die afgelope twee weke was ʼn baie spesiale tyd in sy loopbaan en hy hoop om dit in die toekoms te herhaal.