‘Zuma sal nes ander gevangenes behandel word’

Oudpresident Jacob Zuma het, ingevolge die bevel deur die Konstitusionele Hof, homself net voor middernag aan die polisie oorgegee. Die polisie het bevestig dat hy in die Estcourt Korrektiewe Sentrum in KwaZulu-Natal opgeneem is om sy vonnis van 15 maande weens minagting van die hof uit te dien. Die Konstitusionele Hof sal Maandag die voormalige president se aansoek vir die herroeping van sy vonnis aanhoor. Die buurland se departement van korrektiewe dienste se Singabakho Nxumalo het gesê standaard prosedure sal gevolg word.