Zuma pleit onskuldig op alle klagte

Die voormalige Suid-Afrikaanse President Jacob Zuma het onskuldig op alle klagte gepleit wat insluit rampokkery, korrupsie, bedrog, belastingontduiking en geldwassery. Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales het vanoggend in die hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn. Zuma sê die verhoor is ‘n aanval op die ANC se bevrydingstryd. Advokaat Dali Mpofu verteenwoordig nou vir Zuma. Professor Andre Duvenhage, ‘n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.