Zuma-oorhandiging word verwelkom

Reaksie word reeds ontvang oor oudpresident Jacob Zuma wat homself oorgegee het aan die KwaZulu-Natal polisie. Die Defend our Democracy-veldtog in die buurland het die nuus verwelkom. Zuma is na die Estcourt korrektiewe sentrum in KwaZulu-Natal geneem om sy vonnis van 15 maande uit te dien. Die organisasie sê Zuma se gevangesetting is ‘n belangrike stap ter bevestiging van die beginsel dat almal gelyk is voor die reg. Hy sê daar word van almal vereis om die belange van ons demokrasie voorop te stel en die Grondwet te gehoorsaam.