Zuma kry deernisverlof vir begrafnis

Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig dat oudpresident Jacob Zuma deernisverlof toegestaan is om die begrafnis van sy broer by te woon. Sy jonger broer Michael is verlede week oorlede na ‘n lang siekbed en word vandag in Nkandla in KwaZulu-Natal begrawe. Zuma dien tans 15-maande tronkstraf uit weens minagting van die hof. Singabakho Nxumalo van die departement, sê die deernisverlof vir Zuma strook met die Wet op Korrektiewe Dienste: