Zuma in die hospitaal… hy probeer die hof ontduik

Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat oudpresident Jacob Zuma in ‘n militêre hospitaal buite die Estcourt-gevangenis waar hy sy 15-maande tronkstraf vir minagting van die hof uitdien, opgeneem is. Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste het bevestig dat Zuma vanoggend gehospitaliseer is. Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in die buurland, sê Zuma probeer om regsprosesse te ontwyk.