Zuma gaan nie vir ANC stem

Suid-Afrika se oud-president Jacob Zuma het verklaar hy sal nie in die 2024 verkiesing vir die ANC stem nie. Hy het aangekondig dat hy in plaas daarvan sal stem vir die uMkhonto weSizwe-party. Die aankondiging is op ‘n nuuskonferensie namens Zuma deur sy dogter Duduzile Zuma-Sambudla gedoen. Sy het onthul Zuma sal nie stemme werf vir die ANC nie omdat hy glo die party voer ‘n oorlog  teen progressiese swartmense en intellektueles. Hy verwag dit sal die ANC se eerste verkiesingsnederlaag wees sedert 1994.