Zulu koning in Eswatini behandel van moontlike vergiftiging

Die Amazulu Koninklike Huis het bevestig die AmaZulu-koning, MisuZulu KaZwelithini, is in ‘n hospitaal in Eswatini opgeneem. Volgens die AmaZulu-eerste minister, Mangosuthu Buthelezi, word gevrees die koning is dalk vergiftig. Daar was voorheen ook vermoedens dat een van sy senior raadgewers dood is weens vergiftiging. Buthelezi sê die koning word in Eswatini behandel omdat hy ongemaklik is met mediese behandeling in Suid-Afrika ná die dood van albei sy ouers.