Zondo-verslag: DA gaan Wysigingswetsontwerp oor Teen-korrupsie-kommissie versnel

Die DA in Suid-Afrika sê die Zondo-kommissie se jongste verslag het die mate van staatskaping onder die ANC-regering verder blootgelê. Die verslag sê weereens verskeie ANC-leiers en die party self word by die onding betrek en beveel aan minister Gwede Mantashe moet vir korrupsie ondersoek word. Hy het na bewering gratis sekerheidsopgraderings by sy persoonlike eiendomme ontvang. Glynnis Breytenbach van die DA sê die verslag beveel ook aan die voormalige minister, Nomvula Mokonyane, moet vir korrupsie vervolg word: