Zondo se werk moet voortgesit word

Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê dit is hartverskeurend om te sien hoe sommige mense wat veronderstel is om leiers van die demokrasie te wees, probeer om die land en die demokratiese instellings saam met hulle te laat ondergaan. Sy sê hulle behoort hulle eerder aan die Grondwet se aanspreeklikheids-prosesse te onderwerp. Madonsela het tydens ‘n aanlyn geleentheid van die Ahmed Kathrada-stigting gesê die staatskapingskommissie se werk moet ten alle koste verdedig word: